
=====================================================================
Die huidige situasie
=====================================================================


5
WATERBRONNE


Die huidige situasie

Suid-Afrika is 'n dro land. Die westelike en sentrale dele van die land kry baie min ren. Daar is nie baie ondergrondse water nie, dus is riviere 'n belangrike bron van water. Suid-Afrika ondervind dikwels droogtes. Dit kan vir baie jare voortduur. Om die rede, is die bestuur van water baie belangrik in Suid-Afrika.

Die aanvraag na water word elke dag groter. Die HOP onderneem om aan alle Suid-Afrikaners water en toilette te verskaf. Om dit te doen moet meer water uit damme en riviere onttrek word. Water word ook benodig om oeste nat te lei, bome te kweek, vir nywerhede en mynbou, en om elektrisiteit op te wek. Na mate daar op di wyse meer water gebruik word, is daar minder water oor in die riviere en mere. Dit beteken dat die plante en diere wat gewoonlik in die gebiede voorkom dit moeilik vind om te oorleef.


Die meeste water in Suid-Afrika word gebruik om landerye nat te lei. Elektrisiteitsopwekking en mynbou kan baie van die water in een gebied verbruik. Dit kan 'n nadelige invloed op die onmiddellike omgewing h. Nywerhede, ESKOM en myne probeer metodes vind om waterverbruik te verminder en water te hergebruik.


Die PWV (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging) gebied het baie water nodig vir sy nywerhede en die mense wat daar woon. Die gebied het nie enige groot riviere nie. Dit is moeilik om genoeg water vir die gebied te kry.


Suid-Afrika het ooreenkomste gesluit met Lesotho en Swaziland om water van hulle te kry.


Suid-Afrika verdien baie geld deur sy hout oorsee te verkoop. Bosbou kan help om gronderosie stop te sit. Maar dit verbruik baie water. Sedert 1972 word 'n permit benodig om groot hoeveelhede bome te kweek. Dit is om te verseker dat daar genoeg water oor is vir ander mense in die gebied om te gebruik.


Ons moet ongeveer een agtste van al die water in die land gebruik om ons wilde plante en diere aan die lewe te hou. Op die oomblik ontrek ons soveel water uit die riviere dat die plante en diere sukkel om te leef. Die probleem word vererger deur stede, nywerhede en plase wat die water besoedel. Ons moet ekstra versigtig wees om die gebiede te beskerm waar riviere in die see uitloop (estuaries). Hierdie gebiede is belangrik vir visse om aan te teel. Visse en ander diere kan nie in die gebiede oorleef as daar nie genoeg vars water is nie.

FIGUUR 5: ST LUCIA

Konflik oor grondgebruik

St Lucia is net suid van die Mosambiekse grens. Dit sluit een van Afrika se grootste vieilande , en 'n reeks mere en natuurreservate in. Dit het seldsame wortelbome, skilpad-broeiplekke, tropiese woude en koraalriwwe. Vir bykans 'n honderd jaar is die natuurreservate deur die Natalse Parkeraad bestuur.

In 1960 is 'n deel van die gebied opsygesit sodat die weermag daar wapens kon toets. Plantasies is aan die oostelike kant aangeplant. Plaaslike gemeenskappe is deur gedwonge verskuiwing van hul grond ontneem. 'n Paar jaar gelede het die regering prospekteerregte op die oostelike kusgebied aan die Richards Bay Minerals-maatskappy (RBM) toegestaan. Die maatskappy wil titanium in die duine-gebied ontgin. Titanium word, onder meer, in verf gebruik in plaas van lood.

Die WNNR het 'n omgewingsimpakstudie (OIS) gedoen vir RBM. Die OIS het die invloed van twee moontlikhede vir die gebied bestudeer: (1) mynbou en eko-toerisme gesamentlik en (2) slegs eko-toerisme. Verskeie deskundiges het met die ondersoek gehelp.

Baie mense is in die proses geraadpleeg. Sekere groepe in die NUM en ANC wou h dat die mynboubedrywighede moet voortgaan. Sommige groepe was van mening dat mynbou nie toegelaat moet word nie. Die plaaslike gemeenskap is eers aan die einde van die proses geraadpleeg. Die gebied wat RBM wou ontgin is deel van die tradisionele grond van 'n gemeenskap wat in die 1970s verwyder is.

In stede daarvan om te wag vir die nuwe regering, is die proses verhaas sodat die De Klerk-kabinet 'n besluit kon neem. In Desember 1993 het die Hersieningspaneel besluit dat mynbou nie toegelaat moet word nie. Maar teen Maart 1994 het die De Klerkkabinet steeds nie 'n besluit geneem nie, ten spyte daarvan dat die Minister van Mineraal en Energiesake onderneem het om 'n ooreenstemming met die Hersieningspaneel se besluit op te tree.

Die Hersieningspaneel was van mening dat mynbou slegs vir 17 jaar sou kon duur. Na daardie tydperk sou dit die gebied jare neem om te herstel. Hulle het gemeen dat ekotoerisme gouer sou kon begin en langer sou kon duur. Die Natalse Parkeraad moet met plaaslike gemeenskappe en die private sektor saamwerk om 'n eko-toerisme projek in die gebied in te stel.

Maar die eienaarskap van die grond is steeds nie opgelos nie. Sal die ontwortelde gemeenskappe terugkeer na hulle grond of sal aan hulle ander grond gegee word? Het hulle die reg om mynbou-maatskappye na St Lucia te nooi? Sal eko-toerisme nuwe werksgeleenthede skep?

Baie van hierdie vraagstukke moet nog opgelos word. Die nuwe regering sal moet besluit wat nou gaan gebeur.

Hoe word water bestuur?

Die Water Wet is in 1956 deurgevoer. Dit het aan die regering 'n sekere mate van beheer oor water gegee. Maar ingevolge Suid-Afrikaanse reg, behoort die water aan die persoon op wie se eiendom die rivier vloei. Die regering het slegs beheer oor die water wat nie deur hierdie persoon verbruik word nie.


Die Nasionale Departement van Waterwese en Bosbou formuleer die beleid oor waterbestuur. Hierdie beleid word deur die streekskantore van die departement gemplementeer. Hierdie kantore bestuur elkeen een opvangsgebied.


Probleme wat die nuwe regering in die gesig staar

Vier miljoen mense in stede en dorpe het nie skoon water nie. Dit is hoofsaaklik swart mense. Baie swart families in plattelandse gebiede moet hulle water van gedeelde krane of pompe kry. Hulle moet dikwels lang afstande loop om water te kry. Baie kinders word siek van die vuil water. Terselftertyd het wit mense baie water vir hulle tuine. En wit boere mors water op hulle oeste. Omdat hulle boere is, betaal hulle minder vir hierdie water.

Die nuwe regering moet sorg dat elke mens genoeg skoon water kry om gesond te bly.


'n Tweede vraagstuk is hoeveel water vir verskillende doeleindes gebruik word. Die regering moet sorg dat daar genoeg water is vir nywerhede en om oeste nat te lei. Maar dit moet ook seker maak dat daar genoeg water is vir wilde diere en plante om te oorleef. Ons het hierdie plante en diere nodig om te oorleef. Vleilande is belangrike gebiede. Hulle suiwer besoedelde water op 'n natuurlike manier. Ons moet hierdie gebiede beskerm.


Die regering moet sorg dat mense nie die water mors nie. Water moet, waar moontlik, hergebruik word. Nywerhede en boere betaal te min vir water. En water is te duur vir arm gesinne. Die regering moet sorg dat arm families die water kan bekostig wat hulle nodig het om te leef. Mense en nywerhede wat baie water gebruik moet meer betaal. Die prys van water moet die bedrag insluit wat dit kos om eko-stelsels, wat die water suiwer en water terugplaas in riviere en damme, te beskerm.


'n Ander vraagstuk is waterkwaliteit en besoedelingsbeheer. Die Departement van Waterwese en Bosbou het nuwe metodes ontwikkel om besoedeling te bepaal en te beheer. Maar riviere en damme is steeds erg besoedel. Die regering moet sterker standpunt inneem teenoor mense en organisasies wat water besoedel. Besoedelaars moet verplig word om te betaal vir die suiwering van die riviere of damme wat hulle besoedel.


Die Departement van Waterwese en Bosbou en die Departement van Omgewingsake moet beter saamwerk om ons riviere en damme te beskerm en seker te maak dat ons water skoon is. Provinsiale en plaaslike owerhede moet ook met die departemente saamwerk.


Voorstelle


1. Die regering moet 'n nasionale plan ontwikkel om ons riviere, damme en vleilande te beskerm. Ingevolge die plan moet daar probeer word om besoedeling te verminder. Die plan moet watertoevoer, gronderosie, bosbou, visserye en die beskerming van plante en diere ondersoek. Die plan moet ook ons vleilande beskerm.

2. Die regering moet sy benadering ten opsigte van waterbestuur verander. Dit moet beter wette uitvaardig om ons water te beskerm. Dit moet die regeringsdepartemente beter organiseer. Verskillende rels moet vir verskillende verbruikers van water opgestel word. Alle rels en standaarde moet die natuurlike omgewing berskerm.

3. Die wetgewing wat waterverbruik en die berskerming van die omgewing reguleer, moet verander word. Hierdie wette moet meer doeltreffend toegepas word. Elke departement moet duidelik verstaan wat van hom verwag word om ons water te beskerm.


4. Die opvangsgebied moet die basiese vertrekpunt wees vir die beplanning en bestuur van waterbronne.


5. Die regering moet gemeenskappe mobiliseer om die water op 'n gemeenskapsbasis te bestuur. Vroue moet betrokke wees, veral om die beskadiging van die omgewing en waterbesoedeling stop te sit. Die regering moet ook die gemeenskappe opvoed. Gemeenskappe moet betrokke wees by die formulering van beleid om vleilande en opvangsgebiede te beskerm. Hulle moet ook behulpsaam wees om waterbesoedeling in hulle eie gebied te bekamp.


6. Die regering moet besluit watter soort toilette die beste is om te gebruik in informele nedersettings en plattelandse gebiede. Hierdie toilette moet die gesondheid van die gemeenskap, sowel as die omgewing, beskerm.

7. Die regering moet seker maak dat dit die kwaliteit en hoeveelheid water wat ons in die land het, kan bepaal. Dit moet op nasionale, streeks- en plaaslike vlak vasgestel word. Ons moet seker maak dat ons nie te veel water uit ons riviere en mere onttrek nie. lndien ons dit doen, kan die plante en diere in en om riviere doodgaan.


8. 'n Omgewingsimpakstudie moet gedoen word voordat enige groot waterontwikkelingsprojek aangepak word. Enige projek wat 'n vleiland kan dreineer moet vooraf gegaan word deur 'n omgewingsimpakstudie. Die OIS moet die invloed op die omgewing, die koste, en die voordele wat dit vir die plaaslike inwoners sowel as die land as geheel inhou, ondersoek.


9. Die beleid ten opsigte van water moet op alle vlakke van regering die beskerming van die omgewing in ag neem. Dit moet seker maak dat daar genoeg water in riviere, vleilande en in die grond oor is om ons eko-stelsels te beskerm. Ons vleilande het spesiale beskerming nodig.


10. Die regering moet dit oorweeg om die prys van water te hersien. Die prys moet weerspiel wat water werklik kos. Die koste van die invloed wat dit op die omgewing uitoefen moet ook in berekening gebring word. Hor pryse sal mense aanmoedig om minder water te gebruik en om water te hersirkuleer.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


